C

Net betyds vir Valentynsdag: ‘n Spesiale aanbod vir liefdesverhaallesers
 More about the book!

Is jy lief daarvoor om liefdesverhale te lees? Dan het LAPA Uitgewers se RomanzaKlub die perfekte aanbod vir jou – en net betyds vir Valentysdag. Komaan, bederf jouself!

Toets die water

Soos met enige nuwe verhouding, toets ’n mens eers die water. Jy gaan op ’n paar afsprake, ontmoet hul vriende, volg hulle op sosiale media en só vind jy uit of hierdie verhouding jou eie happily-ever-after of happily-never-after gaan wees.

Die gewilde afspraak-ghoeroe, Jonathon Aslay, het bekendheid verwerf met sy ‘ten-date rule’, wat mense aanraai om op ten minste tien afsprake te gaan voor hulle belangrike besluite rakende die verhouding maak.

RomanzaTien volg dieselfde beginsel. Vir die volgende tien maande stuur LAPA vir jou een Romanza per maand, koerier ingesluit! As jy eers verlief is, dan kan ons oor iets ’n bietjie meer langtermyn praat …

Vir een betaling van R999,00 stuur ons elke maand vir jou ’n pragtige verhaal met ‘n happily-ever-after. Vir jou eerste afspraak met RomanzaTien, stuur ons vir jou ’n mooi sak en twee bonusboeke ook!

Sluit vandag nog aan by RomanzaTien, of koop ’n romantiese afspraak vir iemand spesiaal!

Wat is RomanzaTien?

RomanzaTien is ’n spesiale aanbiedding wat jou die geleentheid bied om een Romanza per maand vir die volgende tien maande te kry. Vir een betaling van R999,00 koerier ons vir jou ’n pragtige liefdesverhaal, en met jou eerste pakkie stuur ons vir jou ’n mooi sak en twee ekstra Romanzas! Koop vandag nog jou RomanzaTien, of koop hierdie aanbieding as ’n geskenk vir iemand spesiaal. Bederf jouself, bederf ander. Bepalings en voorwaardes geld. Slegs beskikbaar binne die Republiek van Suid-Afrika. Ander spesiale afslag geld nie. LAPA behou die reg om die RomanzaTien boek vir die maand uit die nuutste Romanza’s te kies. Alle RomanzaTien kopers kry dieselfde boek wat daardie maand as RomanzaTien boek deur LAPA aangewys word. Boeke kan nie omgeruil word vir ander titels nie.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers Liefdesverhale Romanza RomanzaKlub Spesiale aanbod Valentynsdag


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments