C

LAPA se boeke skitter op Bib, ’n splinternuwe oudioteek eksklusief vir Afrika-inhoud
 More about the book!

Orale stories herleef in die kuberruim

Bib, ’n splinternuwe oudioteek eksklusief vir Afrika-inhoud, maak eersdaags haar deur oop. LAPA Uitgewers is baie trots om hul boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte.

Afrika het ’n ryk orale tradisie en twee besondere entrepreneurs, Arlene Mulder en Juanita Kotzé, meng nou ons literêre skatte met nuwe tegnologie om dié ou tradisie te laat herleef.

Wat meer is: hulle kureer die inhoud deur geselekteerde tekste te laat voorlees, of voordra, deur van ons land se beste stemkunstenaars. Só word die publiek se vraag na oudioboeke gedien, en ons land se beste akteurs verdien ’n inkomste gedurende inperking.

LAPA se boeke skitter onder die eerste klompie romans wat beskikbaar gestel word:

  • Asem, Jan Vermeulen (Stem: Armand Aucamp)
  • Bloedlelie, Jeanette Ferreira (Stem: Veronica Geldenhuys)
  • Blou sjokolade, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Dieretuin, Francois Bloemhof (Stem: Wynand Kotzé)
  • Corali, Chanette Paul (Stem: Roeline Daneel)
  • Kanaän, Sophia Kapp (Stem: Ira Blanckenberg)
  • Koshuiskoffie, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Tolbos, Irma Joubert (Stem: Carla Smith)
  • Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, Sophia Kapp (Stem: Nicole Holm,)
  • Ver wink die suiderkruis, Irma Joubert (Stem: Andrea Winckler)

Meer LAPA tekste sal binnekort beskikbaar wees.

Bib.Africa plaas ook teaterstukke in die kuberruim. Hierdie tekste is reeds te beskikbaar:

  • Dis Koue Kos, Skat, Marita van der Vyver (Stem: Elzabé Zietsman)
  • Psalter, Wessel Pretorius (Stem: Len-Barry Simons)
  • Sê my Naam soos ’n Starbucks Knaap, Wessel Pretorius (Stem: Llandi Beeslaer)
  • Seisonaal, Mienke Ehlers (Stem: Mienke Ehlers)

Hoewel die grootste gros boeke Afrikaans is, word daar ook na ander tale gekyk. Twee Engelse tekste is reeds deel van die biblioteek:

  • In Math We Trust, Simon Dingle (Stem: Simon Dingle)
  • The Rain Runner, Carl Richardson (Stem: Malcolm Gooding)

Mulder was vir sewe jaar in die bankwese by RMB, sy is sedertdien ’n digitale entrepreneur en het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation Award gewen.

Kotzé is reeds dertig jaar lank die hoof van The Rare Library: ’n multi-disiplinêre, konseptuele, skeppende kunsfabriek.

Volgens Deloitte kan die globale oudiomark in 2020 groei 25% tot ’n waarde van US$3,5 biljoen.

BiB is ’n opwindende nuwe media platform wat plaaslike oudio verhale toeganklik maak via die toepassing wat beskikbaar is in beide die App stoor en Google Play stoor.

Categories Afrikaans Fiction Non-fiction South Africa

Tags Arlene Mulder Audio Books Bib Bib.Africa Juanita Kotzé LAPA LAPA Uitgewers Oudioteek


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments