In 1899 verander twee families se lewens onherroeplik wanneer hul paaie kruis in Skilderkrans deur JJ Olivier
More about the book!
Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is weer op pad Kolonie toe, juis om die oorlog te probeer ontglip. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, ’n ontmoeting wat ’n onherroeplike invloed op die res van Magdalena, Jacobus en Henog se lewens sal hê.
Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando’s, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle ’n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind. JJ Olivier is ’n debuutskrywer en het baie navorsing oor die Anglo-Boereoorlog gedoen.
Oor die outeur
JJ Olivier is gebore in Burgersdorp, op die rantjie van die Groot Karoo. Hy het sy skooljare daar deurgebring en daarna ’n kommersiële graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Met die koms van ’n rekenaar op sy lessenaar het hy in sy vrye tyd begin rondspeel met beskrywings en dialoog. Hy fokus daarop om die beste moontlike stories te probeer vertel. Skilderkrans is sy eerste boek. Hy woon in die Stadskom van Kaapstad.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans JJ Olivier LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Skilderkrans