C

Groot nuus: Ons verwelkom twee nuwe spanlede by die LAPA-familie

LAPA Uitgewers kondig graag die volgende opwindende aanstellings aan:

Madri Victor – Uitgewer: Fiksie

Madri het jare se ondervinding in die boekbedryf as redakteur, manuskripontwikkelaar en mentor. Groot name in die woordwêreld het al by haar aangeklop vir raad en haar jaarlikse skryfkursusse is baie gewild.

Ena Stegmann – Bemarkingsassistent: Skole en biblioteke

Ena sluit aan by LAPA se span in Kaapstad. Sy het Nederland vir ‘n jaar gaan verken om haar horisonne te verbreed en gaan nou haar kennis en ervaring met ons deel.

Ons sien uit daarna om die nuwe spanlede binnekort by LAPA te verwelkom!

Categories Afrikaans South Africa

Tags Ena Stegman LAPA LAPA Nuus LAPA Uitgewers Madri Victor Nuwe betrekkinge


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments