‘Dis asof jy aan hulle kan raak of hul hoor gesels’: Louise Viljoen resenseer Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux
More about the book!
Louise Viljoen het onlangs ’n resensie geskryf oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux – die heel eerste boek oor die oorlog wat in volkleur verskyn het!
Volume 1 handel oor die konvensionele fase van die oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto’s wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.
‘Dis is voorwaar ’n besonderse en ook ontroerende ervaring om hier pragpublikasie, wat ek glo op elke Suid-Afrikaanse gesin se boekrak hoort, deur te blaai,’ skryf sy.
Lees die resensie:
Die Anglo-Boereoorlog in kleur het die werklikheid en tragedie van die oorlog by my tuisgebring. Daar is verrassende nuanse en diepte in die foto’s. Die persone op die foto’s kry ‘lewe’. Dis asof jy aan hulle kan raak of hul hoor gesels. Die gesigte is meestal strak, maar hier en daar is ’n trek om die mond of oë wat die persoon se persoonlikheid uitbring.
Kyk ook:
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Die Anglo-Boereoorlog in Kleur Jonathan Ball Uitgewers Maroela Media Resensies Reviews Tinus le Roux