C

Die man langsaan deur Cynthia Robertson – Mens hoef nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie
 More about the book!

Paloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy, die dag voor haar troue, uitvind dat haar verloofde haar verkul.

Dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno aan die een kant, ook die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant.

Arno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang, geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier. Paloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier.

Haar nuwe buurvrou dwing haar om ’n make-over te doen; vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.

Oor die outeur

Cynthia Robertson is in Tanzanië gebore en het as kind in verskeie lande grootgeword. Sy het vroeg die wonder van boeke ontdek, en wou skryf. Sy het vier jaar gelede weer haar eerste liefde raakgeloop, en woon die afgelope paar jaar saam met hom in Ierland. Sy verlang haar dood na haar kinders, Suid-Afrika en sonskyn, maar gebruik humor en haar skryfwerk om die lewe ligter te maak.

Die man langsaan is nou beskikbaar:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Cynthia Robertson Die man langsaan LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments