C

Die Brug: Na die hel en terug in Angola deur bekroonde skrywer Deon Lamprecht is nou beskikbaar
 More about the book!

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Oor die outeur

Deon Lamprecht is ’n senior nuusjoernalis en bekroonde artikelskrywer. Hy debuteer met Tannie Pompie se Oorlog (2015) wat ’n topverkoper word. In sy loopbaan by The Pretoria NewsBeeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf, van misdaad en die omgewing tot die Bosoorlog en politiek. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Hy is tans ’n herskrywer by Huisgenoot.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Deon Lamprecht Die Brug Die Brug: Na die hel en terug in Angola Jonathan Ball Uitgewers New books New releases South African Border War


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments