Die afloerder deur Anel Heydenrych: ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom
More about the book!
Iemand loer vanuit die skadus in Anel Heydenrych se jongste roman, Die afloerder.
Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.
Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.
Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.
Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?
Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.
Oor die outeur
Anel Heydenrych het as TV- en radiojoernalis op RSG bekend geword. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het in 2016 met Malhuis gedebuteer. Tans woon en werk sy op Colesberg.
Lof vir Malhuis
‘Hou die vingers aan die omblaai … onthou om jou veiligheidsgordel vas te knip.’ – Deborah Steinmair, Rapport
‘Die boek raak jou!‘ – Cas van Rensburg, Beeld
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Anel Heydenrych Die afloerder New books New releases Penguin Random House SA Thrillers