Baster deur Jan Vermeulen, die naaswenner in LAPA se Jeugromankompetisie vir 2019, is nou beskikbaar!
More about the book!
Hondegevegte en doodsdreigemente!
Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.
Jan het LAPA se jeugromankompetisie gewen met Asem in 2015. In 2017 was hy die naaswenner met Oopmond.
Oor die outeur
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die MER.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Baster Jan Vermeulen Jeugroman LAPA Jeugromankompetisie LAPA Jeugromankompetisie 2019 Naaswenner New books New releases