As dit voel soos liefde deur Didi Potgieter: Hy wil haar met alles in sy binneste hê, maar sy wil nie weer trou nie … Kan liefde oorwin?
More about the book!
Hy wil haar met alles in sy binneste hê …
Dit is of sy vir die heel eerste keer kan vóél. Tog, terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan vas; dit is glad nie omdat hy haar skielik lief het nie.
Tydens die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: Sy het Marc vier jaar gelede op haar wittebrood gesien, en kon hom nooit vergeet nie.
Daar is ’n aantrekkingskrag tussen Natasha en Marc. Albei weet egter dié ding gaan hulle seer maak. Sý wil haar nooit weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie. Hy glo glad nie in die huwelik nie en, omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie.
Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.
As dit voel soos liefde is nou as e-boek beskikbaar:
Die roman sal later ook as papierboek in die winkels wees.
https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers/photos/a.116082245112556/2786144384772982/
Oor die outeur
Didi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ‘n finalejaarsopdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het haar eerste Romanza, Leer my liefhê, die lig gesien. Met ‘n man, twee kinders en die verantwoordelikheid van brood op die tafel sit, was tyd vir skryf maar min. Tog het die stories en die karakters bly opduik en aan die begin van 2017 het sy besluit om voltyds te begin skryf. Didi wen in 2018 die ROSA (Romance Writers of South Africa) Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder, en was al twee keer ‘n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Didi Potgieter ebooks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Romance