Annelie Botes ryg ’n kleurvolle lappieskombers van 16 jaar se stories in Voetstoots, nou beskikbaar
More about the book!
Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie Botes se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.
’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.
Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
Oor die outeur
Annelie Botes woon in die Oos-Kaap en skryf in beide Engels en Afrikaans. Sy is die skrywer van talle romans en verhaalbundels. Haar roman Raaiselkind het in Augustus 2003 verskyn en word gebruik as voorgeskrewe teks in skole in die Wes-Kaap.
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Annelie Botes Koerantrubrieke New books New releases Verhaalbundel Voetstoots