C

Moenie die film gebaseer op die boek Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp op 5 Mei misloop nie!
 More about the book!

Die film gebaseer op die boek Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp gaan op 5 Mei 2020 op DStv se BoxOffice vrygestel word.

Die boek vertel die ware verhaal van die moorde op die Steenkamp-gesin wat op 6 April 2012 in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad gebeur het. Die film fokus op ’n familieman, Dick de Waal, wat sy laaste hoop in onskuld moet prysgee wanneer hy die trippel moord van die Steenkamp gesin ondersoek.

Deon Meyer het die regte van die boek vir die rolprent bekom en met groot name soos Arnold Vosloo (The Mummy), Tim Theron (Projek Dina), Rolanda Marais (Trackers) en meer beloof dit om ‘n groot treffer te wees.

Kyk hier na die amptelike lokprent van Griekwastad wat vanaf 5 Mei beskikbaar is op Dstv Box Office.

Oor die boek

Die vrede en stilte in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp binnejaag en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie stilhou. Dit was net voor 19:00 toe die bebloede Don Steenkamp uit die voertuig spring en die aanklagkantoor binnestorm met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig doodgeskiet is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is Don maande later weens die moorde gearresteer. Dit het ’n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel.

Hierdie boeiende verhaal van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, word vertel deur die verslaggewer wat die saak van die eerste dag af gevolg het. Dit is gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges asook familie en vriende van die oorledenes, en eindig met die uitspraak en vonnisoplegging.

Die e-boek is ook beskikbaar op:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Anton Vosloo Deon Meyer Die Griekwastad Moorde DStv Jacques Steenkamp kykNET Penguin Random House SA Rolanda Marais Tim Theron


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments