Leesstof vir die lang vakansie – Fanie Viljoen se jongste tienerdrama, Môre as ons groot is, is hier!
More about the book!
Jonk en oud sal aanklank vind by Fanie Viljoen se jongste tienerdrama, Môre as ons groot is.
Môre begin die toekoms …
Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.
Vanaand neem hulle afskeid van hul skool, hul vriende, hul kindwees … en dalk hul drome.
Hierdie sonderlinge tienerdrama sal as e-boek te koop wees op LAPA se webruimte.
Oor die outeur
Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword en woon tans in Bloemfontein. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ’n illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van LAPA se jeugromankompetisies, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm. Hy skryf voltyds.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Fanie Viljoen LAPA LAPA Uitgewers Môre as ons groot is New books New releases Tienerdrama