Net betyds vir die nuwe skooljaar! 1-2-3 Groei met spel deur Nadia Viljoen is nou beskikbaar
More about the book!
Hedendaagse kinders weet dikwels nie meer hoe om te speel nie en daarom is hul fyn- en grootmotoriese ontwikkeling nie op standaard nie. Hulle sukkel dikwels met aktiwiteite soos inkleur, knip, bal vang en eenbeentjie spring. Hul spierontwikkeling is ook swak en dit lei tot probleme met konsentrasie. Daar is verskeie faktore wat kinders se motoriese ontwikkeling negatief beïnvloed. Die algemeenste is waarskynlik die feit dat moderne vermaak (soos selfone, televisie en elektroniese speletjies) passief is en tekort skiet aan kreatiwiteit.
Hierdie boek bevat 123 speletjies wat jou kind se begrip kan prikkel en so help met redenerings- en syfervaardighede. Dit bied ook ‘n geleentheid vir sosiale interaksie en in die proses ontwikkel jou kind emosioneel. Terselfdertyd is hierdie speletjies lekker vir partytjies, pretdae, ysbrekers of sommer net speel.
Oor die outeur
Nadia Viljoen is ’n gekwalifiseerde motoriese terapeut, Playball- en sweminstrukteur. Sy het in 2002 ’n motoriese kliniek in Robertson geopen vir kinders vanaf die ouderdom van 2 tot 14 jaar. Volgens Nadia is dit onnodig dat kinders moet ly onder fisieke- en spraakgebreke wat hulle emosionele ontwikkeling en sosiale vaardighede beïnvloed, en op die langtermyn lei tot sosiale probleme. Nadia is ’n mens-mens. Skerp, spontaan en vol humor. Kinders is lief vir haar. Sy het die gawe om ’n kind se probleem onmiddellik te identifiseer. Nadia se wens is: Ouers wat weer met hulle kinders kommunikeer en speel sodat hulle kinders positief kan ontwikkel.
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags 1-2-3 Groei met spel Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers Nadia Viljoen New books New releases