Wie het Demi Crowley vermoor? Vind uit in Skerwe deur Sally Partridge – nou beskikbaar by LAPA!
More about the book!
Wie het Demi Crowley vermoor?
Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.
Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.
Skerwe is ’n holderstebolder wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.
Oor die outeur
Sally Ann Partridge is in 2011 aangewys as een van Mail & Guardian se 200 uitnemende jong Suid-Afrikaners. Sy ontvang die MER-prys vir Jeuglektuur vir vier van haar romans en in 2019 wen sy ’n SALA-toekenning haar roman, Mine. Sy is ook deur IBBY Internasionaal erken vir haar skryfwerk. Skerwe is die Afrikaanse vertaling van haar vierde jeugroman, Sharp Edges.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Sally Partridge Sharp Edges Skerwe