Engela Duvenage gesels oor Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika op VIA TV (7 Nov)
More about the book!
Engela Duvenage kuier more op die VIA TV-program, Besigheid wat saak maak, om oor haar jongste boek Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika te gesels.
Die program saai uit om 08:30 op DStv-kanaal 147. Moet dit nie misloop nie!
Oor die boek
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.
Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
Oor die outeur
Engela Duvenage hou besonders baie van feite en van stories. Sy het ’n MPhil in Joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch verwerf. Vir die afgelope twee dekades skryf sy gereeld vir koerante, tydskrifte en vir universiteits- en navorsingspublikasies oor Suid-Afrikaanse wetenskap en die mense daaragter. Sy stel onder meer ’n landbounavorsingsblad vir die Landbouweekblad saam, en skryf ’n maandelikse omgewingsrubriek vir die tydskrif Lig.
Engela het op Oudtshoorn grootgeword, en woon reeds byna twee dekades op Wellington in die Boland saam met haar man en twee dogters.
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Besigheid wat saak maak Engela Duvenage LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Uitvinders planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika VIA TV