C

Hoe lyk Pretoria in die jaar 2057? Vind uit in Toekomsmens deur Isa Konrad – nou beskikbaar!
 More about the book!

Is jy ’n aanhanger van Margaret Atwood se Oryx and Crake en The Handmaid’s Tale? Dan is Isa Konrad se jongste roman Toekomsmens, wat sterk ekologiese en sosiale kommentaar lewer, perfek vir jou!

Slegs deur terug te kyk na die verlede kan die geheime van die hede ontrafel word.

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid-Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In-Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In-Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Oor die outeur

Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, ‘n barokstad op die Aare-rivier, en ’n huis in die Peniniese Alpe naby die grens van Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Sy skryf omdat sy nie die swaar las van ’n magdom ander talente op haar skouers dra nie. Sy het agt Romanzas geskryf en meer as vier spanningsromans, insluitend Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva. Die soenoffer is ’n sielkundige riller en die storie van ’n negejarige reeksmoordenaar. Dit was LAPA Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Isa Konrad LAPA LAPA Uitgewers Margaret Atwood New books New releases Oryx and Crake The Handmaid's Tale Toekomsmens


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments