C

Graffiti-aanlynkuier: Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Hannes Barnard gesels oor sy nuwe roman, Wolk (10 Sep)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na ’n aanlynbekendstelling van Hannes Barnard se jongste jeugroman, Wolk. 

Hannes sal met Jonathan Amid gesels oor sy apokaliptiese roman oor liefde, vriendskap en die intensiteit van eerstes. Wolk is geskryf vir volwasse jongmense, en vir oumense wat steeds onthou wat dit beteken om jonk te wees en dinge vir die eerste keer te beleef.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 10 September 2020
Tyd: 19:00
Plek: Graffiti Facebook-blad
Facebook-uitnodiging

Posted by Graffiti Books & Stationery on Monday, August 31, 2020

 

Meer oor die boek

Wat gebeur as jy die apokalips misloop?

Rufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af.

Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste vriende is ʼn understatement.

Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat.

Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste – die belangrikste eerste – saam te hê.

Dis net hulle twee wat wegglip in ’n baie ou Mazda Midge om vir ʼn paar dae iewers in ʼn grot te gaan bly. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Dinge verloop baie anders as wat hulle beplan het daar naby Clarence in die Oos-Vrystaat.

Hierdie boek is geskryf vir volwasse jongmense, en vir oumense wat steeds onthou wat dit beteken om jonk te wees en dinge vir die eerste keer te beleef.

Oor die outeur

Hannes Barnard is die jongste van drie broers en die seun van ’n dominee. Tussen 2002 en 2012 is hy woonagtig in Engeland, waar hy meestal as projekbestuurder vir ’n konstruksiemaatskappy werk. Ná dit het hy vir twee jaar in die Seychelle gewerk. Hy en sy vrou keer terug na Suid-Afrika in 2017, waar hy nou voltyds fokus op sy skryfwerk. Halley se komeet is sy debuutroman.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekbekendstellings Book events Book launches Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier Hannes Barnard LAPA LAPA Uitgewers Wolk


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments