Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Beyers de Vos gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ‘Al wat ek kan doen is om die boek te skryf wat ek wil skryf’

Beyers de Vos is vandeesmaand aangewys as een van ses skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Sy debuutroman Wrok (in Engels: Talion) is tans beskikbaar as e-boeke op Amazon en Kobo.