Anoeschka von Meck

Wen ses uitstekende Afrikaanse boeke deur Leon van Nierop, Anoeschka von Meck en nog meer! Neem deel voor 31 Augustus 2022

Een gelukkige leser kan die maand wegstap met ’n stapel Afrikaanse stories uit die boonste rakke!

Op die kortlys vir 2021 se UJ-prys: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck!

Baie geluk aan Anoeschka von Meck wat die kortlys vir die 2021 UJ-prys gehaal het met haar skitterende nuwe roman, Die heelal op my tong.

Kom luister hoe gesels Anoeschka von Meck stoepstories in Stellenbosch oor haar jongste roman, Die heelal op my tong (18 Maart)

Anoeschka von Meck, skrywer van Die heelal op my tong, gesels op 18 Maart met Theo Kemp oor dié heerlike leeservaring. Moenie die geleentheid plus ’n driegang maal in Stellenbosch misloop nie!

Wen ’n geskenkpak vol boeke ter waarde van R1000 in Penguin Random House SA se #WaarInDieHeelal-kompetisie (31 Des)

Waar in die heelal lees jy Anoeschka von Meck se nuwe roman, Die heelal op my tong? Plaas ’n foto op Facebook met #WaarInDieHeelal en wen ’n pak boeke ter waarde van R1000.

‘Voertsek, man! Jy verdraai die storie’: Lees ’n uittreksel uit Die heelal op my tong, Anoeschka von Meck se jongste roman

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Lees ’n uittreksel uit Anoeschka von Meck se jongste roman, Die heelal op my tong.

Moenie die bekendstelling van Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck misloop nie! (18 Nov)

Penguin Random House SA en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck.

Wen 1 van 3 kopieë van Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck, skrywer van Vaselinetjie (31 Okt)

Anoeschka von Meck se jongste roman, Die heelal op my tong, het pas op die rakke verskyn en nou kan drie gelukkige lesers elk ‘n kopie daarvan wen.

Ontvoerings, partytjies, en ’n seksles in Hong Kong – Anoeschka von Meck is terug met Die heelal op my tong

Anoeschka von Meck, skrywer van die wegholsukses Vaselinetjie waarvan daar ook ’n rolprentweergawe is, se jongste roman Die heelal op my tong is nou beskikbaar!