Almost French

’n Moet vir Frankofiele! Amper Frans: ’n Lewe van fanfare en faux pas is nou beskikbaar in Afrikaans en Engels

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het.