C

Uit sy hart uit: Moenie die bekendstelling van Hoerkind deur Herman Lategan by Exclusive Books V&A Waterfront misloop nie! (21 Jul)
 More about the book!

Penguin Random House SA en Exclusive Books nooi jou uit na die bekendstelling van Hoerkind deur Herman Lategan.

Die berugte én beroemde skrywer gesels met Melody Pick oor sy aangrypende lewensverhaal wat hy in hierdie boek uit sy hart uit vertel.

Hy is een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad verwek – buite die eg. Van jongs af het hy soos ’n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 21 Julie 2022
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Exclusive Books V&A Waterfront, Kaapstad
RSVP: events@exclusivebooks.co.za
Facebook-uitnodiging

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Book events Book launches Cape Town Exclusive Books Herman Lategan Hoerkind Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments