C

NUUT: Verdiende wraak – Malene Breytenbach
 More about the book!

Deel I:

Die boere word verslaan en die oorlog bring verwoesting. Joiners en hensoppers, genoem Judasboere, verraai die bittereinders en loop oor na die Engelse. Kommandant Steenkamp en die Ermelo Kommando stel die jong Nicolaas Greeff, ’n National Scout, tereg. Dit veroorsaak ’n vete tussen die Greeffs en die Steenkamps wat tot moord lei. Salomien, ’n verfynde meisie afkomstig van Pretoria, getroud met die kommandant se seun, kry bitter swaar in die konsentrasiekamp en op die gestroopte plaas. ’n Engelsman wat die Steenkamps kom help, wil haar uit die lyding verlos.

Deel II:

In die 1990’s publiseer Lood Steenkamp ’n boek oor die hensoppers en joiners in die Boereoorlog. Dit grief die nasate van die Greeffs, wat lede van die AWB is. Een besluit om op die skrywer wat hulle familieskande geopenbaar het, wraak te neem.

Categories Afrikaans Fiction

Tags Afrikaans Malene Breytenbach Minimal Press New books New releases Verdiende wraak


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments