C

Nuut by Minimal Press – Duifiedorings deur Thomas Deacon
 More about the book!

Hier kry die leser met ʼn eiesoortige talent te make wat sonder pretensie of mooidoenery ontgin word – in ooreenstemming met die landskap en sy mense. As stylkenmerk vorm hierdie kombinasie van eenvoud, eerlikheid en deernis die mees uitstaande eienskap van Duifiedorings.

Die bundel is tiperend van ʼn bepaalde samelewing en lewensruimte wat waarskynlik besig is om te verdwyn; dit is eg, en word met ʼn eiesoortige waardigheid gepresenteer, en nie ter wille van effek kunsmatig ‘plat’ aangebied nie. Dit bevat al die eienskappe wat by die volkseie hoort.

Thomas Deacon kan kers vashou by digters soos NP van Wyk Louw (sy bundel Klipwerk), Boerneef, RK Belcher en Charles Fryer.

Hy skryf ʼn eiesoortige en outentieke landskap oop, en verken ʼn streek met al die relevante inhoude wat so ʼn inherente deel daarvan vorm. Die menslikheid en aardsheid kom skitterend na vore, en daarmee saam ʼn eiesoortige lewensinstelling: lydsaamheid, geduld en meelewing met mekaar, maar ook ʼn leefwyse as lewensgenieters te midde van ʼn beskeie bestaan.

Categories Afrikaans South Africa

Tags Afrikaans Duifiedorings Minimal Press Poetry Thomas Deacon


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments