C

Moenie die bekendstellings van In gesprek met Waldimar deur Waldimar Pelser in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad misloop nie (19, 21 en 26 November)
 More about the book!

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Rapport-redakteur en kykNET-aanbieder Waldimar Pelser se jongste boek, In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings

Dié maand stel Waldimar sy boek by drie geleenthede bekend: in Pretoria op 19 November, in Johannesburg op 21 November, en in Kaapstad op 26 November.

Besonderhede

Pretoria

Waldimar sal in gesprek wees met Mariëtta Krüger.

Datum: Dinsdag 19 November 2019
Tyd: 19:00 vir 19:30
Plek: Exclusive Books Brooklyn Mall, Bronkhorststraat 228, Nieuw Muckleneuk
RSVP: events@exclusivebooks.co.za of 087 365 4648
Facebook-uitnodiging

https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers/photos/gm.447817769198457/2458388454215245/

 

Johannesburg

Waldimar sal in gesprek wees met Pieter du Toit.

Datum: Donderdag 21 November 2019
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Exclusive Books Clearwater Mall, Winkel LM 138, Clearwater Mall, hoek van Christian de Wet en Hendrik Potgieterstraat, Johannesburg
RSVP: events@exclusivebooks.co.za of skakel 087 365 4648
Facebook-uitnodiging

https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers/photos/gm.2969917813021579/2458403097547114/

 

Kaapstad

Waldimar sal in gesprek wees met Jan-Jan Joubert.

Datum: Dinsdag, 26 November 2019
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: The Biggest Little Beer Shop Willowbridge, Willowbridge Suid, Carl Cronjélaan 39, Tygervallei, Kaapstad
RSVP: willowbridge@wordsworth.co.za of skakel 021 914 1791
Facebook-uitnodiging

https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers/photos/gm.696782804140739/2458411187546305/

 

Oor die boek

Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor

Hy noem Julius Malema ’n ‘rassis, diktator en fascis’, die ANC ’n ‘spul kripvreters’ en oudpresident Jacob Zuma ’n ‘korrupte, seksistiese politieke tsotsi’.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop – ook president Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches Cape Town Exclusive Books In gesprek met Waldimar Johannesburg LAPA LAPA Uitgewers Pieter du Toit Pretoria Waldimar Pelser


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments