C

Hoe bemagtig mens leerders om te wil skryf? Kom vind uit by Lapa Uitgewers se slypskool vir taalonderwysers in die Vrystaat (8 Feb)

Aandag alle Afrikaansonderwysers in die Vrystaat – u word hiermee hartlik uitgenooi na Lapa Uitgewers se slypskool vir taalonderwysers.

Die gasspreker van die dag is Dr Therese Hulme, ‘n narratiewe terapeut wat u gaan touwys maak oor al die maniere om leerders aan die skryf te kry.

Hierdie slypskool is SACE-geregistreer en onderwysers sal SACE-punte ontvang vir die bywoning daarvan. Die R120 inskrywingsfooi sluit in ’n ligte ete, die nuutste Klasgids, ’n selfgekose LAPA-boek en elektroniese nota’s.

Inskrywings sluit 31 Januarie 2020. Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Saterdag 8 Februarie 2020
Tyd: 08:30 tot 14:00
Plek: Universiteit van die Vrystaat, Equitas Senate Hall, Nelson Mandela-rylaan 205, Bloemfontein
RSVP: Stuur bewys van betaling voor 31 Januarie 2020 na elnal@lapa.co.za of 078 669 4587
Koste: R120
Bankbesonderhede: Klasgids, Absa-tjekrekening, 407 520 2253, takkode: 632005

https://www.facebook.com/klaskameraad/photos/a.344056549663878/651102998959230/

 

Tot dan, kyk solank na Fanie Viljoen se video vir nog wenke oor hoe om ‘n opstel te skryf:

Categories Afrikaans South Africa

Tags Afrikaans Afrikaansonderwysers Bloemfontein Fanie Viljoen LAPA LAPA Uitgewers Onderwys Slypskool Video Vrystaat


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments