C

Org Potgieter resenseer Blinde Gode deur Dibi Breytenbach: Aella O’Malley is terug en ondersoek die moord op ‘n landdros
 More about the book!

Org Potgieter het onlangs Dibi Breytenbach se jongste roman, Blinde Gode, geresenseer.

Dowe gode was die eerste boek in hierdie tweeluik met dieselfde karakters. In Blinde Gode vra die skrywer: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word? Karakter Aella O’Malley is terug en ondersoek die moord op ‘n landdros.

Lees die resensie:

In haar vyfde misdaadriller laat Breytenbach twee gebeure in ’n knap jukstaposisie afspeel. Aella O’Malley – die karakter wat reeds in Dowe Gode geskep is – is weer die hoofkarakter en is bevorder tot bevelvoerder van Opathe se speurtak.

Aella sleep ’n verlede saam – sy het ’n intieme geliefde verloor en is verraai deur ’n goeie kollega wat as ’n stroper en moordenaar ontmasker word. Dit strem haar geestelik en liggaamlik terwyl sy al haar kragte nodig het om die moord op ’n landdros te ondersoek.

Aella se taak word goed opgesom met hierdie aanhaling: “Te veel is soos om deur stroop te swem. Dit trek jou na die bodem en plak aan jou vel. Te veel is te veel is te veel.”

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Blinde Gode Dibi Breytenbach LAPA LAPA Uitgewers Litnet Org Potgieter Resensies


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments