C

Kyk hoe lekker kuier Louis Jansen van Vuuren en Riana Scheepers by die virtuele bekendstelling van Amper Frans
 More about the book!

Louis Jansen van Vuuren het onlangs vanuit Château de la Creuzette in Frankryk met Riana Scheepers gesels oor sy memoir, Amper Frans. (Ook beskikbaar in Engels as Almost French.)

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou Louis hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het.

‘Ek maak notas nog altyd my hele lewe deur,’ vertel Louis oor sy skryfproses. ‘Die opvolg van die boek is nou aan die gang en die titel is Uiteindelik Frans, en almal speel ’n rol.’

‘Ek het in twee aande die boek deurgelees, en ek het so gelag en dit was so ’n ryk ervaring vir my dat my man amper begin dink het ek huil soos wat ek gelag het,’ sê Riana. ‘Vir my was die vreugde van die boek jou tipiese styl van oorstelpende vreugde.’

Kyk na die video:

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments