C
Maak elke dag een vir die boeke: Vind uit hoe jy ’n LAPA-agent kan word en verdien kommissie op boekverkope
Kan jy vindingryke verkoopsplanne maak? Is jy ’n go-getter en entrepreneur? Dan is jy die persoon na wie LAPA opsoek is.
LAPA Uitgewers is opsoek na agente in die volgende areas:
- Phalaborwa
- Piet Retief
- Standerton
- Polokwane
- Potgietersrus
- Nylstroom
- Warmbad
- Kimberley
- Upington
- Springbok
- Pietermaritzburg
- Amanzimtoti
- Jeffreysbaai/Uitenhage
- Knysna/Plettenbergbaai
Word ’n LAPA agent!
Jou verantwoordelikhede sal wees:
- Om voorraad van LAPA se kinder- en jeugboeke te dra.
- Om hul boeke te bemark en te verkoop aan skole (onderwysers, leerders en ouers) en biblioteke.
- Om met skoolbiblioteke te skakel en boeke aan hulle te verkoop.
- Om met onderwysers te skakel en voorgeskrewe boeke (gr. 7–12), klasleesboeke (gr. 4–6) en beginnerleesboeke (gr. R–3) aan hulle te verkoop.
- Om uitstallings by skole te hou en boeke direk aan die leerders te verkoop. Asook aanlynverkope deur Klaskameraad op LAPA se webtuiste.
- LAPA stuur nuusbriewe uit deur sy bemarkingsafdeling en bied Winskopies van die Week aan. Vier tot vyf boeke word substansieel afgemerk. Die res van die kinder- en jeugboeke word 5–10% afgemerk.
- Die kliënt doen sy aankope op die Klaskameraad-webtuiste. As dit meer as R450 is, word die boeke gratis afgelewer.
- Wanneer die kliënt klaar gekoop is, word die bestelling direk na die agent gestuur.
- Die betaling gaan direk na LAPA en die agent se gedeelte word dan in sy bankrekening oorbetaal.
- Die agent moet die boeke dan binne ’n dag of twee aan die klant lewer. Dit word gratis by die agent afgelewer indien die bestelling meer as R450 is. Indien dit minder as R450, kom die afleweringsfooi na die agent toe.
Vir enige verdere navrae kontak:
Marieta Nel
mnel@lapa.co.za
084 511 1931
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa