Die klein boek van gruwelike geheime

Hou jou kinders besig en nuuskierig met Fanie Viljoen se splinternuwe reeks klein boekies met baie inligting

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste diere op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Hou die kinders besig met Fanie Viljoen se nuwe reeks klein boekies propvol feite vir jong lesers.