C

Kom luister na Antjie Krog se voorlesing uit Vetplant Fairies en Vetplantfeetjies in Johannesburg en Pretoria (19-22 Okt)
 More about the book!

Penguin Random House SA nooi jou graag na die voorlesings van Vetplantfeetjies deur Antjie Krog!

Die digter gaan ’n Engelse voorlesing doen uit Vetplant Fairies en haar jongste digbundel, Pillage, by Love Books in Melville. Sy gaan ook voorlees uit Vetplantfeetjies en Plunder by verskeie geleenthede in Pretoria.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Johannesburg

Datum: Woensdag 19 Oktober 2022
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Love Books, The Bamboo Lifestyle Centre, Rustenburgstraat 53, Melville
RSVP: kate@lovebooks.co.za of 011 726 7408
Facebook-uitnodiging

Pretoria

Datum: Donderdag 20 Oktober 2022
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Exclusive Books Brooklyn, Bronkhorststraat 338, Nieuw Muckleneuk, Pretoria
RSVP: events@exclusivebooks.co.za
Facebook-uitnodiging

Pretoria

Datum: Vrydag 21 Oktober 2022
Tyd: 10:00
Plek: Alkantrant Biblioteek, h/v Daventry- en Lynnburnlaan, Lynnwood
RSVP: 012 358 9671
Facebook-uitnodiging

Pretoria

Datum: Saterdag 22 Oktober 2022
Tyd: 10:30
Plek: Boekeplek & Kuierstoep, Aureliastraat 658, Garsfontein
RSVP: boekeplek@gmail.com of 083 708 3366
Facebook-uitnodiging

Meer oor die boek

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld. Vetplantfeetjies is ’n versameling kinderryme en pragtige kunswerk oor inheemse vetplante wat ook feetjies is, in die styl van Fynbosfeetjies, die boek se suksesvolle voorganger.

Antjie Krog en Ingrid de Kok het die verse geskryf, en Fiona Moodie het kunswerk in volkleur geskep. Soos in Fynbosfeetjies, kry die plantjies se wonderlike volksname lewe en word die wetenskaplike name ook aangedui in ’n boek wat gou ’n klassieke werk sal raak.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Antjie Krog Book events Book launches Johannesburg Pillage Plunder Pretoria Vetplant Fairies Vetplantfeetjies


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments