BITTERKOMIX IS TERUG MET BK19!
More about the book!
Offerlammers, heilige koeie, Judasbokke…Die hele plaaswerf word in Bitterkomix 19 (Soutie Press, 2023) gespitbraai.
Of jy nou na links of regs neig, daar is doodgewoon geen heilige koeie of uitdrukkings vir die twee ‘geleentheidsmisdadigers’, die here Conrad Botes en Anton Kannemeyer nie. Bitterkomix 19 hou ’n spieël omhoog, sodat ons kan sien hoe ons gemeenskap daar uitsien, ons skynheiligheid, ons dubbele standaarde, ons opsetlike onkunde, en ons vermyding, ten alle koste, van dit wat ons geword het.
Breyten Breytenbach, Thomas Chatterton Williams, Ina van Zyl en Gerrit Olivier lewer bydraes, en Kannemeyer en Botes lê die kern bloot van skrapkultuur, seksisme, satire, kuns, bevoorregting en mishandeling. Donker, humoristies en ongemaklik, Bitterkomix 19 is ’n sterk derduiwel.
Categories Afrikaans South Africa